| 'n Universiteit van Gehalte, Billikheid en Innovering
|
Die Universiteit van die Vrystaat is een van die oudste universiteite in Suid-Afrika, en het sy eeufees in 2004 gevier. Die UV is 'n belangrike sentrum vir navorsing. Ons sewe fakulteite bied 'n volle reeks voor- en nagraadse programme aan vir ons meer as 30 000 studente.
Die Universiteit is 'n multikulturele en veeltalige universiteit met parallelmedium-onderrig (Afrikaans en Engels). Ons word erken as 'n leier in transformasie en is verbind tot diens aan die samelewing.
|
|
|
| In die kollig |
Dr Malete verkies tot Voorsitter van PanSAT
Die Hoof van die UV se Qwaqwa-kampus, dr. Elias Malete, is onlangs op die 62ste Algemene Raadsvergadering, wat in Pretoria gehou is, tot Voorsitter van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) verkies. Hy neem oor by prof. Sihawukele Ngubane van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN).
Meer inligting
|
 |
UV op die regte spoor met transformasie - Fulbright akademici
“Ek dink die universiteit is nie alleen op die regte spoor nie, maar kan waarlik ’n model word van hoe om sekere moeilike prosesse, soos transformasie, binne ’n kort tydperk tot stand te bring. Ek dink dit kan ’n model word, nie net vir ander universiteite nie, maar ook vir die wêreld.”
Dit is wat dr. Rozetta Wilmore-Schaeffer sê wat onlangs saam met ds. dr. Frederick J. Streets as Fulbright-spesialiste saam met vir die Internasionale Instituut vir Ras, Versoening en Maatskaplike Geregtigheid aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gewerk het.
Meer inligting
|
 |
|
| Nuus |
Kampusnuus
|
|
|
Kuns en Kultuur
|
|
|
Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|