|
Kovsie Alumni
Die Universiteit van die Vrystaat heg groot waarde aan sy alumni. Ons oudstudente-vereniging, Kovsie Alumni, poog om die bande tussen oudstudente en hul alma mater te behou en te versterk. Dit is ook die doel van Kovsie Alumni om oor die tradisies en belange van ons alma mater te waak en die goeie beeld van die Universiteit op alle terreine te bevorder. Indien jy geregistreer is as student aan die UV, is jy outomaties 'n volwaardige lid van Kovsie Alumni. Kovsie Alumni het takke reg oor die land waar oud-Kovsies by aktiwiteite inskakel en so steeds in aanraking bly met alles wat op die Bult gebeur.
Streektakke
In dié stadium bestaan daar meer as 30 Alumni-streektakke en Kovsie Alumni is besig om nog takke te vestig. Dié takke hou gewoonlik ten minste een keer per jaar 'n reünie waar oud-Kovsies gesellig saam kuier en meer van die prestasies van die Universiteit vertel word.
Belangegroepe
Kovsie Alumni het ook verskeie ander belangegroepe soos sportklubs en beroepsgebonde groeperinge. As jy dus byvoorbeeld 'n oud-regstudent is wat gereeld regsartikels wil ontvang, kan jy deel word van ons Regsalumni.
Elektroniese nuusbrief
Kovsie Alumni stuur ook twee-maandelikse elektroniese nuusbriewe aan alle oud-Kovsies. Dit is daarom baie belangrik dat jy jou elektroniese besonderhede aan ons moet gee. Stuur dit, tesame met jou studentenommer en/of identiteits nommer en/of geboorte datum na alumni@mail.uovs.ac.za
Bult
BULT, die UV se nuustydskrif, word ook vier keer per jaar gratis aan gegradueerde oud-Kovsies reg oor die wêreld gestuur. As jy nog nie een kry nie, moet jy dadelik jou kontakbesonderhede aan ons stuur by alumni@mail.uovs.ac.za
- Vorige uitgawes van Bult kan afgelaai word. Kliek hier!
Kontak ons:
Kovsie-Alumnibond
Me Annanda Calitz
Me Adelé van Aswegen
|